BELEID VIR DIE BESTUUR EN TOEKENNING VAN KOMMERSIËLE VISREGTE IN DIE GROOT PELAGIESE (TUNA EN SWAARDVIS LANGLYN) VISSERY: 2008
INHOUDSOPGAWE
INLEIDING 3
PROFIEL VAN DIE VISSERY 3
INTERNASIONALE VISSERYBESTUUR 5
DOEL EN OOGMERKE VAN HIERDIE BELEID 5
Verbeter die gehalte van transformasie in die vissery 6
Vangprestasie 6
DUUR VAN REGTE 7
EVALUERINGSKRITERIA 7
Uitsluitingskriteria 7
Vergelykende balanseringskriteria 10
Geskikte vaartuie 11
LANDINGSPLEKKE 12
BEPERKINGS OP AANSOEKE 13
AANSOEKFOOI EN HEFFINGS 13
PRESTASIE 14
PRESTASIEMETING 14
WAARNEMERS 16
PERMITVOORWAARDES 17
Inleiding
Hierdie beleid oor die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die groot pelagiese langlynvissery ("die vissery") word uitgereik deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme ("die Minister").
Groot pelagies verwys na pelagiese haaie en alle visbevolkings wat binne die bestuursjurisdiksie van die Internasionale Kommissie vir die Bewaring van Atlantiese Tunas (ICCAT), die Indiese Oseaan-Tunakommissie (IOTC) en die Kommissie vir die Bewaring van Suidelike Blouvintuna (CCSBT), val.
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings uiteen te sit wat van toepassing sal wees op die toekenning van regte met betrekking tot enige Totale Toelaatbare Poging (TTP) wat oorgebly het ná die toekenningsproses van 2005 in hierdie vissery. Daarbenewens is dit om voorsiening te maak vir die konsolidasie van die tuna-, swaardvis- en pelagiese haai langlynvisserye.
Die Minister is voornemens om die bevoegdheid wat kragtens artikel 18 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) ("die WLMH") aan hom toegeken is, om die oorblywende langtermyn kommersiële groot pelagiese visvangregtetoe te ken, aan 'n amptenaar van die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") te delegeer in terme van artikel 79 van die WLMH. Hierdie beleidsdokument sal die gedelegeerde owerheid lei met betrekking die neem van besluite in verband met aansoeke vir regte in hierdie vissery.
Profiel van die vissery
Die deelname van Suid-Afrikaanse operateurs in groot pelagiese langlynvangste is betreklik nuut. In die verlede is die oes van tuna en swaardvis met langlyne deur Japanese en Taiwanese vlote onderneem wat onder bilaterale lisensie-ooreenkomste in Suid-Afrikaanse waters visgevang het. Hierdie ooreenkomste het aan die einde van Januarie 2003 ten einde geloop, en die Minister het toe besluit om nie die internasionale visvanglisensies te hernieu nie.
Op daardie stadium was daar slegs 'n eksperimentele tuna-langlynvissery. Die oogmerke van die eksperimentele vissery was om -
n prestasierekord in tunavangs op te bou vir doeleindes van die motivering vir landstoekennings aan Suid-Afrika deur die relevante Streeks-Visserybestuursorganisasies (SVBO's);
plaaslike tegnologiese en vangskundigheid in die tuna-langlynvisvangs op te bou; en biologiese en visserydata in te samel ten einde 'n wetenskaplike grondslag te voorsien vir die bestuur van 'n Suid-Afrikaanse kommersiële groot pelagiese vissery.
Die eksperimentele vissery het getoon dat Suid-Afrikaanse operateurs in staat is om voldoende te presteer met swaardvis vangste. Dit het egter ook getoon dat daar 'n behoefte bestaan om visvangkundigheid asook 'n prestasierekord in die oes van tuna te ontwikkel.
Groot pelagiese visspesies is ook gevang in die kommersiële haai-langlynvissery, tuna-stokvissery, tradisionele handlynvissery en die ontspanningsektor. Die tunas wat deur hierdie sektore gevang word, is hoofsaaklik langvin- (albakoor) en geelvintuna. Die haai-langlynvissery is deur permitvoorwaardes beperk tot 'n tunabyvangs van 10% van die totale vangs (per gewig) van die teikenspesie. Kommersiële tradisionele lynvisvaartuie en ontspanningsvissers word beperk deur saklimiete.
In 2005 het die Departement vir die eerste keer langtermynregte (duur 10 jaar) in die groot pelagiese langlynvissery (tuna en swaardvis) toegeken. Die oogmerke van die Beleid vir die Bestuur van en Toekenning van Kommersiële Visvangregte in die Groot Pelagiese- (Tuna en Swaardvis Langlyn) Vissery: 2004 was soos volg:
die konsolidasie van visserye wat groot pelagiese visspesies teiken;
die skepping van 'n Suid-Afrikaanse groot pelagiese langlynvissery; en die vestiging van 'n vangsprestasierekord en vangsdatabasis vir die vissery.
Konsolidasie van die tuna-, swaardvis- en pelagiese haai langlynvissery is nie tydens die toekenningsproses in 2005 bereik nie. Die pelagiese haai langlynvissery is op 31 Desember 2005 beëindig, maar nege vrystellings is daarna toegestaan onder die WMLH vir pelagiese haai langlynvissery. Van die nege is twee vrystellings nie hernieu nie, wat sewe huidige vrystellingshouers in die haai-langlynvissery laat.
Die totale toelaatbare poging vir die groot pelagiese langlynvissery het dit moontlike gemaak om 20 swaardvisregte en 30 tunaregte in 2005 toe te ken. Sewentien regte is vir swaardvis toegeken met een bykomende reg wat ná 'n hofhersiening toegeken is. Ses en twintig tunaregte is toegeken. Dit laat twee swaardvisregte en vier tunaregte wat nie toegeken is nie.
Internasionale visserybestuur
As 'n kusstaat wat die VN se Ooreenkoms oor Visvoorraad ratifiseer het, is Suid-Afrika verplig om 'n vissery vir groot pelagiese visspesies te ontwikkel en te bestuur in samewerking met die relevante SVBO's en in ooreenstemming met hulle bestaande bestuurs- en bewaringsmaatreëls. Die groot pelagiese vissery is dus afhanklik van visvangsgeleenthede van die SVBO's (soos ICCAT, IOTC en CCSBT). In 2007 is Suid-Afrika se landstoekenning van swaardvis deur ICCAT van 1 165 ton tot 1 200 ton vermeerder, terwyl die toekenning van suidelike blouvintuna deur die CCSBT van 45 ton tot 40 ton verminder is.
Doel en oogmerke van hierdie beleid
Van die sewe huidige vrystellingshouers in die haai-langlynvissery is twee in 2005 regte in die groot pelagiese langlynvissery toegestaan. Dit laat vyf haai-langlynvrystellingshouers wat nie tans in die groot pelagiese langlynvissery geakkommodeer is nie. As hierdie vrystellingshouers aansoek doen en hulle nie afgekeur word omdat hulle nie aan die uitsluitingskriteria voldoen nie, sal regte gedurende die nuwe toekenningsproses aan hulle toegeken word. Daar sal nie van vrystellingshouers verwag word om met ander aansoekers "mee te ding" nie. Daarbenewens sal vrystellingshouers en alle ander aansoekers toegelaat word om op dieselfde aansoekvorm aansoek te doen vir tuna- en swaardvisregte met aanduiding van hulle voorkeur. Nadat die aansoeke ontvang is, sal die gedelegeerde owerheid soveel van die vrystellingshouers se eerste keuses as moontlik te probeer akkommodeer, indien nodig deur te motiveer vir die omskakeling van beskikbare tunaregte in swaardvisregte of andersom.
Pelagiese haaivangste sal toegelaat word binne 'n voorgeskrewe boonste voorsorgvangsperk (BVVP), wat inkorporeer sal word in permitvoorwaardes wat die bestuur van pelagiese haai as 'n byvangs van die groot pelagiese langlynvissery sal insluit, maar nie daartoe beperk sal wees nie. Die teiken van pelagiese haaie deur vrystellingshouers sal beëindig word wanneer regte kragtens hierdie beleid aan hulle toegeken word. Die teiken van bodemhaaie met langlyne sal nie deur hierdie beleid geraak word nie en sal voortgaan as 'n aparte kommersiële vissery.
Die hoofdoel van hierdie beleid is om die konsolidasie haai-langlynvissery met die groot pelagiese vissery te bereik en om die ontoegekende regte uit te reik. Soos reeds genoem, indien die vyf vrystellingshouers sonder groot pelagiese langlynregte kwalifiseer in terme van die uitsluitingskriteria neergelê in hierdie beleid, sal hulle integreer word in die vissery. Enige oorblywende regte sal toegeken word in terme van 'n mededingende proses, soortgelyk aan die een wat in die verlede deur die Departement vir die toekenning van regte toegepas is. Onsuksesvolle aansoekers wat aan die minimum vereistes voldoen, sal egter nie afgekeur word nie. Hulle sal in 'n rangorde geplaas word en op "reserwe"-lys geplaas word en regte sal aan hulle toegeken word indien en wanneer regte beskikbaar word, en daarmee sal Suid-Afrika in staat gestel word om 'n vangsrekord op te bou.
Daarbenewens is die doel van die toekenning van kommersiële visvangregte in die vissery om 'n ekonomies en omgewingsonderhoubare Suid-Afrikaanse kommersiële groot pelagiese langlynvisbedryf te vestig, wat vang van pelagiese haaie met langlyn sal insluit en die oogmerke soos hieronder uiteengesit, sal bereik.
Verbeter die gehalte van transformasie in die vissery
Transformasie en herstrukturering van die visbedryf is 'n oorhoofse regeringsoogmerk, en dit is die bedoeling van hierdie beleid om die raamwerk te voorsien om hierdie belangrike imperatief aan te spreek.
n Suid-Afrikaanse groot pelagiese langlynvissery n Verdere oogmerk van hierdie beleid en die toekenning van kommersiële groot pelagiese langlynvisvangregte is die toekenning van regte aan Suid-Afrikaanse persone. Die term "Suid-Afrikaanse persoon" word in artikel 1 van die WLMH definieer. Hierdie beleidsoogmerk verhoed Suid-Afrikaners nie om gesamentlike-ondernemings met nie-Suid-Afrikaners aan te gaan nie, mits die Suid-Afrikaanse aandeel in so 'n gesamentlike-onderneming ten minste 51% is, indien 'n regspersoon gevorm word met die doel om aansoek te doen vir regte.
Vangsprestasie
Hoogs migrerende spesies, soos swaardvis en tuna, word deur SVBO's bestuur. Landstoekennings word op verskeie kriteria baseer, waarvan die mees belangrike die land se vangsgeskiedenis is. 'n Sleuteloogmerk van die beleid is om 'n Suid-Afrikaanse vangsrekord te vestig, veral vir tuna, wat dit vir Suid-Afrika moontlik sal maak om te motiveer vir 'n groter deel van die landstoekennings wat deur SVBO's toegeken word.
Duur van regte
Die regte wat kragtens hierdie beleid toegestaan word, sal saam met regte wat in 2005 in die vissery toegestaan is, ten einde loop. Met ander woorde, alle groot pelagiese langlynvisregte sal aan die einde van Februarie 2015 ten einde loop. Die redes waarom op hierdie tydperk besluit is, is:
die behoefte aan die verdere opbou van 'n Suid-Afrikaanse vangsprestasiegeskiedenis vir groot pelagiese visse, veral vir tuna; en die hoë kapitaalinvestering wat nodig is om die groot pelagiese vissery te betree.
Evalueringskriteria
Alle aansoeke sal gesif word in terme van 'n stel "uitsluitingskriteria". Regte sal toegeken word aan die huidige haai-langlynvrystellingshouers tensy hulle op grond van die uitsluitingskriteria afgekeur word. Die ander aansoekers wat nie uitgesluit is nie sal dan afsonderlik geëvalueer word ooreenkomstig 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt of rang sal vasgestel word om die suksesvolle aansoekers uit hierdie groep aansoekers te kies.
Soos hierbo genoem, die Departement gaan nie 'n verdere toekenningsproses van regte onderneem voor die huidige regte verstryk nie. As regte voor dan beskikbaar word as gevolg van terugtrekking of opgee van regte, sal verdere regte toegeken word indien en soos hulle beskikbaar word, volgens die rangorde wat in hierdie toekenningsproses bepaal is. 'n "Reserwe"-lys sal vir hierdie doel opgestel word.
Uitsluitingskriteria
Die volgende uitsluitingskriteria sal toegepas word:
Onbehoorlike indiening: 'n Aansoek is onbehoorlik ingedien as dit laat ontvang is; as die aansoeker nie die aansoekfooi betaal het nie of te min of te laat betaal het of as die aansoek ingedien is op 'n wyse wat teenstrydig met die instruskies soos per faks of op 'n ander vorm as die voorgeskrewe aansoekvorm. Die gedelegeerde owerheid en die Minister het geen diskresie om nie-nakoming van die indieningsvereistes te verskoon nie.
Wesenlike tekortkomings: 'n Aansoek lei aan 'n wesenlike tekortkoming as die verklaring nie deur die aansoeker onderteken is nie, of as die aansoeker se verklaring nie deur 'n kommissaris van ede beëdig is nie, of as meer as een aansoek van die aansoeker ontvang is vir 'n visvangreg vir dieselfde spesie, of as die aansoeker vals inligting of vals dokumente verskaf het, of versuim het om wesenlike inligting te openbaar, of probeer het om die Minister of die gedelegeerde owerheid gedurende die aansoekperiode te beïnvloed op 'n manier anders as waarvoor in die Algemene beleid voorsiening gemaak word. Die gedelegeerde owerheid en die Minister het geen diskresie om nie-nakoming van die vereistes met betrekking tot wesenlik tekortkoming aansoeke te verskoon nie.
Vorm van die aansoeker: Aansoeke sal slegs oorweeg word van entiteite wat geïnkorporeer is ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, 1984 (Wet Nr. 69 van 1984) en die Maatskappyewet, 1973 (Wet Nr. 61 van 1973). Regte sal nie toegestaan word aan natuurlike persone (d.w.s. individue of eenmansake) nie, maar huidige haai-langlyn vrystellingshouers wat as natuurlike persone regte hou, sal die reg hê om staat te maak op hulle prestasie in daardie hoedanigheid, ter ondersteuning van 'n aansoek deur 'n nuut geskepte regspersoon.
Wetsnakoming: As 'n aansoeker, of sy lede, direkteure of beherende aandeelhouers skuldig bevind is aan 'n ernstige oortreding van die WMLH, die regulasies, permitvoorwaardes of enige ander ernstige visseryverwante misdryf, sal daar nie 'n groot pelagiese visvangreg aan die aansoeker toegestaan word nie. Dit sluit nie die betaling van 'n skulderkenningsboete in nie. Regte sal ook nie aan 'n aansoeker toegestaan word nie as die aansoeker, of sy lede, direkteure of beherende aandeelhouers, se visvangregte gekanselleer or ingetrek is ingevolge die WMLH, of as daar beslag gelê is op hul bates onder die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998 (Wet Nr. 21 van 1998) of die WMLH. Besluite mag voorbehou word op aansoeke van aansoekers wat ondersoek word weens skendings van die WMLH. 'n Besluit oor so 'n aansoek sal geneem word ná afloop van die ondersoek.
Papierkwotas: Die gedelegeerde owerheid sal nuwe inkomeling aansoekers uitsluit wat lyk na papierkwotarisiko's. Vir hierdie doel sal die gedelegeerde owerheid 'n aansoeker as 'n "papierkwotarisiko" beskou as dit blyk dat die aansoeker van geen ernstige voorneme is om die risiko van volle deelname aan die sektor te deel nie, veral as die gevaar bestaan dat 'n aansoeker nie aansoek gedoen het om tot die bedryf toe te tree nie, maar om die een of ander finansiële voordeel te kry sonder direkte betrokkenheid by die hoofbedrywighede wat gepaardgaan met die uitoefening van enige reg wat toegestaan mag word. Om te bepaal of 'n aansoeker so 'n papierkwotarisiko is, moet die aansoeker se bates, sy toegang tot kapitaal sowel as sy finansiële en sakeplanne en verpligtinge oorweeg word. Die gedelegeerde owerheid sal ook aansoekers as "papierkwotarisiko's" uitsluit wat as "fronte" vir ander begunstigdes beskou word.
Iemand tree as 'n front op wanneer, ten einde 'n beleidsoogmerk te omseil, aansoek gedoen word deur 'n ander entiteit. 'n Voorbeeld hiervan is 'n aansoek wat gedoen word deur 'n oënskynlik getransformeerde entiteit met die bedoeling dat die hoofvoordele sal vloei na ongetransformeerde entiteit of persone wat nie swart is nie.
Toegang tot 'n geskikte vaartuig: Aansoekers sal uitgesluit word as hulle nie kan aantoon dat hulle 'n reg van toegang het tot 'n geskikte vaartuig nie (sien verder paragraaf 6.3 hieronder vir die beskrywing van 'n gepaste vaartuig).
Aansoeke deur gesamentlike-ondernemings van Suid-Afrikaanse en nie-Suid-Afrikaanse operateurs kan verwerp word as 'n vaartuig onder buitelandse vlag genomineer word om tuna te vang en geen brief van die betrokke vlagstaatowerheid ingedien word nie, wat stel dat:
alle vangste van groot pelagiese spesies, hetsy op die oop see of in Suid-Afrika se EES vir die duur van die huurooreenkoms vir die gesamentlike-ondernemingsooreenkoms aan Suid-Afrika sal toeval;
die vaartuig nie by enige Onwettige, Ongerapporteerde en Ongereguleerde (OOO) visvangbedrywighede betrokke was nie, insluitende die ondersteuning van OOO-bedrywighede;
hulle geen beswaar het dat die bestuur van die vaartuig onderworpe sal wees aan die wette en regulasies van Suid-Afrika vir die duur van die huurooreenkoms vir die gesamentlike-ondernemingsooreenkoms nie, en hulle geen beswaar het dat die vaartuig in die toekoms onder Suid-Afrikaanse vlag gebring word en op die Suid-Afrikaanse Skeepsregister gelys word nie.
Vergelykende balanseringskriteria
Aansoekers om kommersiële groot pelagiese visvangregte sal op grond van die volgende vergelykende balanseringskriteria evalueer word, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te evalueer.
Transformasie
Een van die oogmerke in hierdie vissery is om op gehalte van transformasie in die sektor te verbeter. Aansoekers sal evalueer word op grond van:
Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtigingskodes van goeie praktyk onder die Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet Nr. 53 van 2003). Aansoekers moet 'n Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtigingsbewyssertifikaat indien; of hulle moet die Departement van hulle SEB-bydraervlak asook 'n gedetailleerde stawing daarvan voorsien. Aansoekers moet in gedagte hou dat 'n kwalifiserende mikro-onderneming (omset onder R5 miljoen per jaar) as 'n Vlak 4-bydraer beskou word tensy die onderneming besluit om inligting te voorsien wat toon dat dit 'n hoër vlak bydraer is. Aansoekers wat op geagte Vlak 4-bydraerstatus wil aanspraak maak, moet 'n brief van hulle ouditeurs of boekbeampte voorsien wat toon dat hulle omset in die vorige finansiële jaar onder R5 miljoen was.
Die persentasie swart en vroue-eienaarskap en swart en vroue-verteenwoordiging op topsalaris-, direksie- en senior bestuursvlakke;
Regstellende verkryging;
Nakoming van die Wet op Billike Indiensneming, 1998 (Wet Nr. 55 van 1998) en die verteenwoordiging van swart mense en vroue op verskillende vlakke en kategorieë van indiensname.
Nakoming van wette met betrekking tot vaardigheidsontwikkeling en die bedrae wat bestee word aan die opleiding van swart mense en deelname aan leerlingskapprogramme.
Vorige betrokkenheid by, en kennis van, die groot pelagiese langlynvissery
Aansoekers sal beoordeel word op grond van hulle kennis van en vorige betrokkenheid by groot pelagiese langlynvisvangs. Dit sal gedoen word met verwysing na die inligting wat in die visvangplanne voorsien word en enige ondervinding of vorige prestasierekord van groot pelagiese langlynvisvangs van natuurlike persone wat in diens van die aansoeker sal wees of geassosieer sal word.
Vermoë om met die oes van groot pelagiese visse te begin
Aansoekers sal beoordeel word op grond van hulle vermoë om met die oes van groot pelagiese visse te begin met gebruik van langlyngereedskap. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat kan aantoon dat hulle 'n vaartuig wat uitgerus is met die nodige toerusting en gereedskap sowel as die vaardighede en finansiële vermoë het om onmiddellik ná die toekenning van die reg met die oes van groot pelagiese visse te begin.
Investering
Aansoekers sal beoordeel word op grond van:
Investering in geskikte vaartuie en gereedskap en relevante toerusting. Met betrekking tot vaartuie sal belegging in die vorm aandeelhouding ook in ag geneem word. Aansoekers sal nie beloon word as hulle voorwaardelike vaartuigkoopooreenkomste aangegaan het nie.
Investering in visprosesserings- en bemarkingsaktiwiteite.
Geskikte vaartuie
Alle aansoekers sal moet aantoomn dat hulle eienaarskap of 'n reg van toegang het tot 'n vaartuig met 'n minimum totale lengte (LOA) van ongeveer 24 m, verkieslik met vriesfasiliteite aan boord vir tunaregte; en 'n lengte van ongeveer 18 m vir swaardvisregte.
Vaartuie wat deur die huidige haai-langlynvrystellingshouers gebruik word, wat nie aan die minimum lengte (LOA) vir tuna voldoen nie, sal beskou word as slegs geskik vir die teiken van swaardvis.
Daarbenewens, ongeag die visbron wat geteiken word, moet die genomineerde vaartuig:
Dit word aanvaar dat daar 'n beperkte aantal vaartuie is onder Suid-Afrikaansse vlag wat geskik is om tunas te vang. Ondervinding ná die toekenningsproses van langtermynregte in 2005 het getoon dat die vlagsveranderingsproses lank en duur kan wees. Die vlagsveranderingsproses is ook afhanklik van die ekonomiese winsgewendheid van die tunavissery, insluitende toegang tot internasionale markte, veral die Japannese sasjimi-mark.
Derhalwe sal vaartuie onder buitelandse vlag oorweeg word vir tuna-langlynvissery op die volgende voorwaardes:
Die vaartuig mag vir 'n proefperiode van een jaar gebruik word om die lewensvatbaarheid te bepaal van die gesamentlike-onderneming en die vlagsveranderingsproses;
Die regtehouer moet voor die begin van die tweede jaar die Departement van 'n rooster voorsien ten opsigte van vordering die vlagsveranderingsproses asook vaardigheidsoordragskedule, waarop teikens en tydsperiodes aangedui word. Die Departement sal hierdie proses noukeuring moniteer en sal kwartaallikse rapportering oor die vordering van die regtehouer vereis;
Die vaartuig sal waarnemers, genomineer deur die Departement, op alle visvangsekspedisies moet saamneem en die regtehouer sal die koste moet dra;
In terme van artikel 39 van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) moet die regtehouer 'n brief van die Vlagstaat indien ooreenkomstig paragraaf 6.1 (g) hierbo, ter ondersteuning van die aansoek vir 'n buitelandse vaartuiglisensie wat deur Suid-Afrika uitgereik word; en
Eienaars en operateurs moet skriftelik saamstem en aanvaar dat die vaartuig onderworpe sal wees aan wette wat heers in die gebied van die Republiek van Suid-Afrika vir die duur van die huurkontrak of gesamentlike-ondernemingsooreenkoms.
Landingsplekke
Vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag sal toegelaat word om vangste by enige van die volgende hawens te land:
Regtehouers wat vaartuie onder buitelandse vlag gebruik sal sal net toegelaat word om hul vangste by die volgende hawens te land:
Beperkings op aansoeke
Aansoekers mag op dieselfde aansoekvorm en met dieselfde aansoekfooi aansoek doen vir beide 'n tunagerigte reg en 'n swaardvisgerigte reg, mits sodanige aansoekers verskillende geskikte vaartuie vir elke vissery nomineer. Daar sal van aansoekers verwag word om een aansoekvorm vir tuna en swaardvis in te dien waarop hulle moet aandui of hulle vir beide tuna en swaardvis aansoek doen sowel as hulle voorkeur (eerste keuse).
Aansoekfooi en heffings
Die aansoekfooi van R7 000,00 (Seweduisend Rand) sal van toepassing wees. Daarbenewens sal die Departement heffings vorder op alle vis wat deur regtehouers ingebring word. Hierdie heffings sal in die Staatskoerant gepubliseer word en sal van tyd tot tyd hersien en aangepas word. Heffings betaalbaar op vis wat ingebring word deur vaartuie onder buitelandse vlag, sal hoër wees as vir vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag.
Prestasie
Daar sal van regtehouers verwag word om binne een jaar na die toekenning van die reg ten volle te begin met die oes van beide tuna sowel as swaardvis. Die visvangprestasie van regtehouers sal van tyd tot tyd moniteer word en regte wat toegestaan is, mag kragtens artikel 28 van die WMLH teruggetrek word as regte nie voldoende gebruik word nie. Die "reserwe"-lys sal dan oorweeg word om regte toe te staan wat beskikbaar word as gevolg van die terugtrekking van regte.
Prestasiemeting
Die Departement sal vir die volle duur van die kommersiële visvangregte formele prestasiemetingsoefeninge onderneem. Daar is beoog om die eerste prestasiemetingsoefening ná twee jaar te doen, en daarna elke drie jaar.
Hoewel die Departement die presiese kriteria sal finaliseer waarvolgens regtehouers gemeet sal word ná die toekenning van kommersiële visvangregte, en ná raadpleging met regtehouers, kan die volgende breë prestasieverwante kriteria gebruik word:
transformasie;
investering in vaartuie, fabrieke en gereedskap;
onderhoubare gebruik, en in die besonder byvangsmitigasie en die vermindering van die biologiese en ekologiese impak van langlynvisvang;
tuna- en swaardvis-vangsprestasie;
nakoming van toepaslike wette en regulasies.
Die doel van prestasiemeting is om te verseker dat die oogmerke van die vissery bereik word en dat bestuursmetodiek en -prosedures bygehou word en gepas bly vir die vissery.
Die regulering van die kommersiële groot pelagiese langlynvissery sal wees ingevolge permitvoorwaardes wat ontwerp is om te verseker dat die doel en oogmerk van hierdie beleid en Suid-Afrika se verpligtinge ingevolge die onderskeie bestuursmaatreëls van die toepaslike SVBO nagekom word. Dit sluit die bestuur van pelagiese haaie as 'n byvangs in die groot pelagiese langlynvissery in, maar is nie daartoe beperk nie. Die volgende hoof regulatoriese maatreëls sal van toepassing wees op die oes van tuna en swaardvis in die Atlantiese en Indiese Oseaan.
Geen vangslimiet op swaardvis.
Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvintuna waar 'n vangslimiet toegepas sal word.
Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvintuna waar 'n vangslimiet toegepas sal word.
Olimpiese stelsel tot 50% van landstoekenning van swaardvis bereik word. Daarna moet die bedryf saam met die Departement die oorblywende toekenning bestuur.
n Olimpiese stelsel sal aangeneem word vir swaardvis aangesien geen landstoekenning van toepassing is nie.
Swaardvisgerigte oes sal gestaak word as die ICCAT-bepaalde landstoekenning geoes is.
Geen verdere vangs van suidelike blouvintuna sal toegelaat word wanneer die vangslimiet bereik word nie.
Geen verdere vangs van suidelike blouvintuna sal toegelaat word wanneer die vangslimiet bereik word nie.
seemyl uitsluitingsgrens, tot by 20o O, sowel as die gebied wat as die "Cape Canyon" bekend staan.
seemyl uitsluitingsgrens, van 20o O tot die suidelike provinsiale grens van KwaZulu-Natal (KZN) / Oos-Kaap. 'n Uitsluitingsgrens van 20 seemyl met 'n bykomende buffergebied van 4 seemyl aan die seekant vir die hele KZN provinsie.
Geen landstoekennings vir tuna is van toepassing nie, buiten 40 t vir suidelike blouvintuna, wat van toepassing is ongeag in watter oseaan die vis gevang word.
Geen landstoekennings vir tuna is van toepassing nie, buiten 40 t vir suidelike blouvintuna, wat van toepassing is ongeag in watter oseaan die vis gevang word.
n 15% swaardvisbyvangs (ten opsigte van die aantal tuna gevang) sal toegelaat word vir alle buitelandse vaartuie betrokke by 'n gesamentlike-onderneming.
Swaardvis mag volgens 'n Olimpiese stelsel gevang word deur tuna-langlynvaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag tot 50% van die landstoekenning bereik is. Daarna sal vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag terugval na 'n 15% swaardvisbyvangs (ten opsigte van die aantal tuna gevang).
Oop see: Geen swaardvisbyvangslimiet.
SA-EES: 'n 15% swaardvisbyvangs (ten opsigte van die getal tuna gevang) sal toegelaat word.
Suidelike blouvintuna sal bestuur word deur individuele verdeling onder regtehouers.
Geen verdere vangs van suidelike blouvintuna sal toegelaat word wanneer die landstoekenning bereik word nie.
Suidelike blouvintuna sal bestuur word deur individuele verdeling onder regtehouers.
Geen verdere vangs van suidelike blouvintuna sal toegelaat word wanneer landstoekenning bereik word nie.
seemyl uitsluitingsgrens, tot by 20o O, sowel as die gebied wat as die "Cape Canyon" bekend staan.
seemyl uitsluitingsgrens, van 20o O tot die suidelike provinsiale grens van KwaZulu-Natal (KZN) / Oos-Kaap. 'n Uitsluitingsgrens van 20 seemyl met 'n bykomende buffergebied van 4 seemyl aan die seekant vir die hele KZN provinsie.
Die bogenoemde regulatoriese regime is onderworpe aan verandering indien die toepaslike SVBO verdere vangslimiete of -beperkings stel op óf tuna óf swaardvis in enige oseaan.
Benewens bogenoemde regulatoriese kontroles:
Regtehouers sal nie toegelaat word om op dieselfde tog in die Atlantiese en Indiese Oseaan vis te vang nie, tensy 'n waarnemer teenwoordig is;
Tunagerigte regtehouers wat gebruik maak van vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag wat in die Atlantiese Oseaan visvang, sal onbeperkte toegang hê tot swaardvis totdat 50% van die landstoekenning gevang is waarna swaardvis bestuur sal word met byvangstogbeperking van 15% (ten opsigte van die aantal tuna wat gevang is) indien tunavangs op die oop see onderneem word.
Tunagerigte regtehouers wat in die Indiese Oseaan visvang sal onbeperkte toegang tot swaardvis op die oop see hê. As die vaartuig gedurende dieselfde tog in die EES en op die oop see visvang, sal die 15%-swaardvisbyvangslimiet van toepassing wees.
Regtehouers sal nie toegelaat word om, terwyl hulle op see is, vangste te verplaas nie. Oorplasing in die hawe sal alleenlik in die teenwoordigheid van 'n Visserybeheerbeampte toegelaat word of moniteer word onderhewig aan die uitreiking van 'n permit wat uitgereik is vir die oorplasing.
Waarnemers
Alle vaartuie onder buitelandse vlag, sal verplig wees om Departementeel goedgekeurde waarnemers saam te neem gedurende alle visvangtogte, en die koste moet deur die regtehouer gedra moet word. Daar sal van Suid-Afrikaanse vaartuie vereis word om waarnemers op 'n persentasie van hulle visvangtogte saam te neem.
Permitvoorwaardes
Permitvoorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes sal vasgestel word in oorleg met regtehouers in hierdie vissery en sal onderhewig wees aan hersiening indien en wanneer nodig. Bestuurs- en bewaringsmaatreëls van SVBO's wat verantwoordelik is vir die bestuur en bewaring van tuna en tuna-agtige spesies, soos ondermeer CCSBT, ICCAT en IOTC, sal in ag geneem word.
